Language Index



VADER SE LIEFDESBRIEF
Die uitroep van Vader se hart van Genesis tot Openbaring.

My Kind....
Al ken jy My nie, weet ek alles van jou af. Psalm 139:1.
Ek weet van jou sit en jou opstaan.Psalm 139:2.
Ek is bekend met al jou weë. Psalm 139:3.
Ek het selfs die hare op jou hoof getel. Mattheus10: 29-31.
Ek het jou gemaak om net soos Ek te lyk. Genesis 1:27.
In My lewe jy, beweeg jy, en bestaan jy. Handelinge 17:28.
Jy is ook gebore om deel van My familie te wees. Handelinge 17:28.
Ek ken jou voor jy in jou moederskoot gevorm is. Jeremia 1:4-5.
Ek het jou reeds uitgekies voor die begin van die wêreld. Efesiers 1:11-12.
Jy is nie 'n fout nie, Ek het jou beplan. Psalm 139:15-16.
Al jou lewensdae is geskryf in My Boek. Psalm 139:15-16.
Ek het die regte tyd en plek bepaal waar jy gebore moes word. Handelinge 17:26.
Jy is wonderlik mooi geskape. Psalm 139:14.
Ek het jou gevorm in jou moederskoot. Psalm139:13.
Ek beskerm jou van voor jou geboorte af. Psalm 71:6.
Ek word nie erken deur die mense wat My nie ken nie. Johannes 8:41-44.
Ek is Liefde en wil tuis voel by jou. 1 Johannes 4:16.
Dit is my begeerte om jou met My liefde te oorweldig. 1 Johannes 3:1.
Net omdat jy My kind is en Ek jou Vader. 1 Johannes 3:1.
Ek wil jou meer goeie dinge gee as wat jou aardse vader ooit aan jou kan gee. Mattheus 7:11.
Ek is die volmaakte Vader. Mattheus 5:48.
Elke goeie en volmaakte gawe wat jy ontvang kom uit My hand. Jakobus 1:17.
Ek weet wat jy nodig het en sal voorsien in al jou behoeftes. Mattheus 6:31-33.
My plan vir jou toekoms is altyd gevul met hoop en met 'n verwagting. Jeremia 29:11.
Ek het jou lief met 'n ewige liefde. Jeremia 31:3.
My gedagtes oor jou is ontelbaar soos die sand van die see. Psalm 139:17-18.
Ek verheug My oor jou met blydskap. Sefanja 3:17.
Ek sal nooit ophou om goeie dinge vir jou te doen nie. Jeremia 32:40.
Jy is My waardevolste besitting Exodus 19:5.
Ek begeer om goed aan jou te doen met My hele wese. Jeremia 32:41.
Ek wil aan jou groot en wonderlike dinge wys. Jeremia 33:3.
As jy My met jou hele hart soek sal jy My vind. Deuternomium 4:29.
Verbly jou in My en ek sal jou gee die begeertes van jou hart. Psalm 37:4.
Want dit is Ek wat jou gewillig en bekwaam maak om My wil uit te voer. Filippense 2:13.
Ek is in staat om meer vir jou te doen as wat jy kan bid of dink. Efesiërs 3:20.
Ek is jou grootse motiveerder. 2 Thessalonicense. 2:16-17.
Ek is jou Vader wat jou vertroos en uithelp uit al jou moeilikheid. 2 Korinthiërs 1:3-4.
As jy hartseer is, is Ek by jou. Psalm 34:18.
Soos 'n herder 'n lammetjie dra, so dra Ek jou teen My hart. Jesaja 40:11.
Eendag sal Ek al jou trane afvee. Openbaring 21:3-4.
Ek is jou Vader, en Ek het jou net so lief soos My eie Seun. Johannes 17:23.
Want in Jesus is My liefde vir jou geopenbaar. Johannes 17:26.
Jesus is die volmaakte weergawe van wie Ek is. Hebreërs 1:3.
Hy het gekom om te wys dat Ek vir jou is en nie teen jou is nie. Romeine 8:31.
Om jou te vertel dat Ek nie boekhou van jou sonde nie. 2 Korinthiërs 5:18-19.
Jesus het gesterf sodat Ek en jy vrede kan maak. 2 Korinthiërs 5:18-19.
Jesus se dood was die volmaakte uitdrukking van My liefde vir jou. 1 Johannes 4:10.
Ek het alles opgegee wat vir My kosbaar was sodat Ek jou liefde kan wen. Romeine 8:31-32.
As jy My Seun ontvang as geskenk ontvang jy My. 1 Johannes 2:23.
En niks sal jou ooit skei van My liefde vir jou nie. Romeine 8:38-39.
Kom huis toe en Ek sal die grootste partytjie gee wat die Hemel ooit gesien het. Lukas 15:7, Lukas 15:23-24.
Ek is nou en vir ewig jou Vader. Ek het jou by jou naam geroep, wat Ek jou gegee het. Efesiërs 3:14-15.
My vraag is... Wil jyMy kind wees? Johannes 1:12-13.
Ek wag vir jou. Lukas 15:11- 32.

Liefde, jou Vader,
Almagtige God

"Father's Love Letter Used By Permission Father Heart Communications
Copyright 2001 Translated by Victory Life Ministries
www.FathersLoveLetter.com




Language index